Duiwelskloof Ebook Tooltip

Afbeeldingen

Inkijkexemplaar

Artikel vergelijken

  • Afrikaans
  • E-book
  • 9780798158640
  • 08 februari 2005
  • 362 pagina's
  • Adobe ePub
Alle productspecificaties
  • Je leest ebooks gemakkelijk op je Kobo e-reader, of op je smartphone of tablet met de bol.com Kobo app. Let op! Ebooks kunnen niet geannuleerd of geretourneerd worden.

Samenvatting

In die ontoeganklike Duiwelskloof in die Swartberge van die Klein Karoo het ’n verdwaalde groep Voortrekkers onder leiding van die befoeterde patriarg Lukas Lermiet, die Siener, hulle gaan vestig. Vandag, ’n eeu en ’n half later, bring ’n knellende droogte die skrikwekkende gevolge van dié oer-Afrikaanse gemeenskappie se isolasie en inteelt tot ’n uitbarsting. Die katalisator is die gehawende joernalis Flip Lochner – ’n vuil-uil met ’n mislukte huwelik, ’n mislukte loopbaan en ’n mislukte lewe agter hom – wat van buite inkom om die Duiwelskloof se geskiedenis op te skryf en verseil raak tussen die plek se mense, die donker geheim wat die gemeenskap so naarstig probeer bewaar, en al die stories wat hulle daar rondom versin. Oor ’n man wat sewentien kinders op sy teenstander se graf verwek het. ’n Vrou wat met volmaan in ’n bokooi verander. ’n Swerwer wat die Duisternis van Egipteland in ’n boksie teruggebring het. ’n Man wat deur ’n swerm voëls hemel toe getrek is. ’n Meisie met vier borste . . . En daar is die mense van vandag: Soon Heilig wat die koolkoppe in hulle verdoemenis in preek, Smeed Smit wat probeer om ’n nagmerrie te beslaan, Ouma Liesbet Pruim wat met haar trommeltjie op die dak sit en wag dat die Here haar moet kom haal, Hans Toordenaar met sy gevaarlike gawe oor ander se lewens, Tant Poppie Vollemaan met haar rate vir enigiets behalwe die dood, Henta Voorperske met haar swerm nimfies wat saans kaal in die bloekombos dans. En dan die raaiselagtige Emma wie se lewe met Flip Lochner s’n deurmekaar raak, met gevolge wat niemand kon voorsien nie.Onbeteuelde humor, ’n onheilspellende opbou van bose magte, ’n wemeling van stories, ’n allegorie oor die ontstaan van geskiedenis, ’n hellevaart, ’n besinning oor die Suid-Afrika van gister en vandag, ’n beurtelings makabere en uitbundige spel van die verbeelding . . . dit alles is Duiwelskloof. Die roman is in 1999 bekroon met die W.A Hofmeyrprys.

Productspecificaties

Inhoud

Taal
af
Bindwijze
E-book
Oorspronkelijke releasedatum
08 februari 2005
Aantal pagina's
362
Ebook Formaat
Adobe ePub

Betrokkenen

Hoofdauteur
Andre P. Brink
Hoofduitgeverij
Human & Rousseau

Lees mogelijkheden

Lees dit ebook op
Android (smartphone en tablet) | Kobo e-reader | Desktop (Mac en Windows) | iOS (smartphone en tablet) | Windows (smartphone en tablet)

Overige kenmerken

Editie
1
Studieboek
Nee
Verpakking lengte
213 mm

EAN

EAN
9780798158640

Je vindt dit artikel in

Taal
Afrikaans
Boek, ebook of luisterboek?
Ebook
Beschikbaarheid
Leverbaar
Nog geen reviews

Kies gewenste uitvoering

Prijsinformatie en bestellen

De prijs van dit product is 15 euro en 99 cent.
Direct beschikbaar
Verkoop door bol
  • E-book is direct beschikbaar na aankoop
  • E-books lezen is voordelig
  • Dag en nacht klantenservice
  • Veilig betalen
Houd er rekening mee dat je downloadartikelen niet kunt annuleren of retourneren. Bij nog niet verschenen producten kun je tot de verschijningsdatum annuleren.
Zie ook de retourvoorwaarden

Alle bindwijzen en edities (3)

  • 15,99
    Direct beschikbaar
  • 22,95
    Op voorraad. Nu besteld, dinsdag in huis Tooltip
  • 22,95
    Op voorraad. Nu besteld, woensdag in huis Tooltip